Vroue Proteas klap Sri Lanka

Kaptein Laura Wolvaardt se honderdtal het bygedra tot die Suid-Afrikaanse vrouespan se gemaklike oorwinning van 79 lopies oor Sri Lanka se vroue in die eerste T20 in Benoni. Wolvaardt het 102 van 63 balle behaal en slegs die tweede Protea-vrou geword wat ʼn T20-honderdtal kon aanteken. Sy en Marizanne Kapp spog ook met ‘n rekord van 116 lopies om die tweede paaltjie wat die Suid-Afrikaners se telling op 198 vir vyf te staan gebring het. Sri Lanka is daarna op 119 almal uit. Wolvaardt sê sy is gelukkig met haar vertoning: