Vrou was vir moord op haar baba

Daar word berig dat ‘n 28-jarige vrou van Windhoek vandag in die landdroshof in Katutura sal verskyn op klagte van moord. Volgens owerhede het die vrou haar tien-dae oue babadogtertjie teen ‘n houtdeur geslaan en die kleintjie is dood. Sy het ook vermoedelik haar sewe-jarige seun probeer doodwurg maar is deur haar eie ma gekeer. Intussen sal die 21-jarige Feliscia Ruben tot volgende jaar op 9 Februarie moet wag tot haar verhoor op klagte van babastorting. Sy is reeds in 2019 gearesteer. Volgens die staat het Ruben, afkomstig van Angola, alleen geboorte geskenk in die proses het die baba geval en is dood. Sy het toe die oorskot weggegooi. Sy is vry op borg van 1 000 dollar.