Vrou verlam na hoofsanger op haar val by konsert

‘n Vier-en-twintig-jarige vrou is gedeeltelik verlam nadat die hoofsanger van ‘n groep op haar beland het toe hy tydens ‘n optrede van die verhoog af gespring het. Bird Piche het ‘n “katastrofiese rugmurgbesering” opgedoen nadat die voorsanger van die Australiese punkrock-groep Trophy Eyes in die skare geduik het by hul konsert in Buffalo, New York. Sy is hospitaal toe gehaas en kan steeds nie haar hande of bene ten volle gebruik nie. Die groep het meer as 90-duisend-dollar geskenk aan ‘n GoFundMe-blad wat vir Piche oopgemaak is, en wat tot dusver meer as 1,2-miljoen-dollar ingesamel het.

Foto: Yahoo News