Vrou vas vir moord van haar babaJune 6, 2021

Die saak van ‘n vrou wat daarvan aangekla word dat sy haar pasgebore baba vermoor het is uitgestel tot 5 Augustus. Volgens die Staat het Maria Tomas op 28 Mei gedurende die nag buite haar huis by Uukalumbe in die Omusati-streek geboorte geskenk en haar baba dogtertjie in plastiek toegedraai. ‘n Vriendin wat saam met haar woon het die baba hoor huil maar toe Tomas weer in die huis inkom het sy nie ‘n baba by haar gehad nie. Die polisie is ingelig en die lykie is gevind. Sy bly in aanhouding. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *