Vrou toets Aston Martin se F1-voertuig

Aston Martin het bevestig die Britse renjaer, Jessica Hawkins, is die eerste vrou in bykans vyf jaar om ‘n Formule Een-motor te toets. Die 28-jarige het by die Hungaroring in Boedapest agter die stuurwiel ingeklim. Die voormalige Britse renstelkampioen was ‘n waaghalsjaer in die James Bond-fliek, “No Time to Die”. Sy sê sy moes elke bietjie bloed, sweet en trane inspan om haar jongste prestasie te bereik. Die vorige vrou wat ’n F1-motor getoets het, was Tatiana Calderon van Colombië vir Sauber in 2018: