Vrou sterf in OR Tambo aankomssaal

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika ondersoek ‘n voorval nadat ‘n vrou wat van Kaapstad op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng aangekom, in die binnelandse aankomssaal inmekaargesak en gesterf het. Paramedici het noodbehandeling op haar toegepas, maar sy is op die toneel dood verklaar. Sy is vermoedelik aan ‘n hartaanval dood, hoewel dit nog amptelik bevestig moet word. Haar identiteit word weerhou totdat haar naasbestaandes oor haar dood ingelig is.