Vrou gevonnis vir moord op twee minnaars, en haar seun

‘n Vrou is in die hof in Pretoria tot drie maal lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die moord op twee van haar minnaars en haar 17-jarige seun. Die woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê die 47-jarige Pamela Selani van Olievenhoutbosch en haar destydse kêrel, Michael Changisa, het in 2016 ‘n argument gehad nadat sy ‘n oordraagbare siekte van hom opgedoen het. Sy het ‘n ander kêrel, Gift Phiri, gevra om te help om Changisa te vermoor: