Vrou (86) verstom met ‘die wêreld se kleinste middellyf’
Ontmoet die vrou wat haar lewe in ‘n korset deurbring om haar piepklein middel, wat al vir 24 jaar die kleinste ter wêreld is, te behou.
Die Amerikaanse vrou Cathie June (86) het ‘n liefde vir Victoriaanse styl klere en ‘n obsessie met die dra van ‘n korset.
Alhoewel alle liggaamsgroottes pragtig is, bly die uurglasfiguur een van wat die moeilikste is om te bekom. Dit het in die 1940’s en 1950’s in gewildheid toegeneem toe bekende vroue soos Marilyn Monroe hul kurwes begin omhels het. Terwyl korsette destyds al mode was, het mediese spesialiste sedertdien streng waarskuwings uitgereik dat hulle die liggaam kan beskadig. Deesdae wend bekendes hulle selfs tot kosmetiese prosedures om die uurglas-liggaam te bereik.
Cathie sal nie binnekort haar korsette prysgee nie; sy dra hare vir 23 uur per dag en verwyder dit net wanneer sy dit was. In 1999 is Cathie Jung bekroon met die rekord vir die kleinste middellyf en sy hou vandag steeds die rekord. Cathie was net 18 toe sy haar eerste korset gedra het, maar toe sy in haar 30’s kom, het sy besluit om een voltyds aan te trek, het die Guinness World Records gesê.. Die meeste van haar formele geleentheidsklere is pasgemaak om by haar figuur te pas, maar sy dra wel ‘n paar gewone items vir gemaklike dae.
Oorspronklik het haar middel op 66 sentimeter gemeet maar dit het oor die jare geleidelik verminder . Haar middellyf meet nou 54 sentimer. Sy sê sy slaap “gerieflikheidsonthalwe” in haar korset.