Vrou, 54, slaan blykbaar lewensmaat van 20 jaar, dood
‘n 54-jarige vrou sal Maandag in die laerhof op Okahandja verskyn op klagte van moord. Die woordvoerder van die Otjozondjupa-polisie senior inspekteur Maureen Mbeha sê die vrou word aangekla van die moord op haar kêrel, die 69-jarige Paulus Michael. Die paartjie, wat 20 jaar saam was, het blykbaar gestry en Michael is aangerand met ‘n yster paal. Hy is die volgende oggend dood aangetref in sy bed.