Vroeg uit die vere vir Bok-ondersteuners Saterdag

Rugby: Springbok-ondersteuners sal nie Saterdag kan laat slaap nie omdat die Rugby-kampioenskaptoets teen die Wallabies in Brisbane net na half-sewe die oggend afskop. Hoofafrigter Rassie Erasmus sal waarskynlik môre sy sterkste moontlike span kies omdat Suid-Afrika die afgelope paar jaar nie goed gevaar het in Australië nie, al het die Wallabies teruggesak na negende op die wêreldranglys, terwyl die wêreldkampioen steeds eerste is. Die Bokke het net een van hulle afgelope nege toetse in Australië gewen.