Vroeë-kinderontwikkeling onder die loep in Mpumulanga

Mpumalanga se LUR vir Onderwys, Bonakele Majuba, sê die departement werk daaraan om die meerderheid kinders tussen nul en vier toegang te gee tot vroeëkinderjare-ontwikkelingsprogramme sodat hulle daarby kan baat. Die programme het ten doel om kinders se reg te beskerm om hulle volle kognitiewe, emosionele, sosiale en fisiese potensiaal te bereik. Die departement se woordvoerder, Gerald Sambo, sê hulle wil hierdie sektor in die provinsie vinniger tot ‘n professionele vlak ophef: