VRK: Stormers sal alles môre gee

Die Stormers sal probeer om ‘n vierde agtereenvolgende nederlaag af te weer op hul Verenigde Rugbykampioenskaps-toer wanneer hulle môre vir Cardiff pak. Die Kaapstadse span maak gereed vir ‘n hoër as normale tempo teen die Walliese span, met die ontmoeting wat op Cardiff Arms Park se sintetiese 4G-oppervlak gespeel word. Die Stormers se hulpafrigter, Dawie Snyman, is vol vertroue hulle kan die tuisspan klop: