VRK: Stormers byt in die stof, Bulle seëvier

Met Glasgow Warriors se twee drieë in die laaste vyf minute het die Skotse span gisteraand ‘n klipharde oorwinning oor die Stormers behaal in hulle kwarteindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap. Losskakel Manie Libbok het al vier sy skoppe pale toe verbrou. In Pretoria het Kurt-Lee Arendse twee keer vir die Bulle gedruk in hulle oorwinning van 30-23 oor Benetton, wat ‘n tuis-halfeind verseker. Arendse is laat in die eerste helfte hospitaal toe gehaas nadat hy en Malakai Fekitoa koppe gestamp het. Die Bulle speel Saterdag tuis teen Leinster.