VRK-seges vir Stormers en Haaie

Rugby: Die Stormers het gisteraand in Kaapstad ‘n lae-telling Verenigde Rugby-kampioenskapswedstryd teen Ulster met 13-7 gewen. Die tuisspan het teen rustyd ‘n agterstand van 7-0 gehad maar ‘n drie deur Evan Roos laat in die wedstryd en ‘n strafskop deur Manie Libbok het die wedstryd in hulle guns geswaai. Die Ospreys het in Wallis ‘n 36-21 bonuspunt-oorwinning teen die Leeus behaal. Die Johannesburgse span het nie minder nie as 14 hanteerfoute begaan. En in Durban het die sukkelende Haaie ‘n bietjie momentum begin kry deur Edinburgh met 23-13 te klop. Hulle het die vorige naweek ook Ulster met 22-12 geklop.