VRK: Leeus behaal 24-23 oorwinning teen Scarlets

Die Leeus het hulle eerste Verenigde Rugbykampioenskap-oorwinning van die seisoen behaal deur die Scarlets gisteraand in Llanelli met 24-23 te klop.  Sanele Nohamba het ‘n drie van Henko van Wyk laat in die wedstryd verdoel om die sege te beklink. Die Stormers het nog ‘n nederlaag op hulle toer gely toe Benneton hulle in Treviso met 20-17 geklop het. Vrydag het die Sharks met 12-10 teen nog ‘n Italiaanse span, Zebre, in Parma verloor. Die Bulle is die enigste ander Suid-Afrikaanse span wat die naweek ‘n oorwinning kon behaal toe hulle Cardiff in Wallis met 18-12 geklop het.