VRK hervat die naweek, met lekker SA-wedstryde
Die Verenigde Rugbykampioenskap hervat die naweek ná drie weke, met twee Suid-Afrikaanse wedstryde op die spyskaart. Die Leeus sal Saterdagmiddag die Bulle op Ellispark in Johannesburg aanpak, terwyl die Haaie en die Stormers mekaar die stryd sal aansê op Kingspark in Durban. Leinster is tans bo-aan die punteleer van die 16 spanne, gevolg deur Benetton en Glasgow Warriors. Die Bulle, in die vierde posisie, is die beste geplaas van die Suid-Afrikaanse spanne, met die Stormers sewende, die Leeus tiende en die Haaie 16de.