VRK: Bulle is bo aan die punteleer
Die Bulle is nou bo aan die punteleer van die Verenigde Rugby-kampioenskap na hulle Cardiff met 18-12 in Wallis geklop het. Die span van Pretoria het in die eerste helfte twee drieë kort na mekaar gedruk. In Italië het Zebre sy eerste sege sedert April 2022 gevier met ‘n naelbyt 12-10 oorwinning oor die Haaie. Die Suid-Afrikaners se enigste drie is deur Cameron Wright aangeteken. Vanmiddag pak die Stormers vir Benetton in Italië, terwyl die Leeus die Scarlets vanaand in Wallis takel.