Vreugde toe duisende Australiërs kan terugkeer

Daar was groot vreugde toe duisende Australiërs na hulle land kon terugkeer vir die eerste keer in ongeveer twee jaar, nadat die regering die grense vir ingeënte reisigers oopgestel het. Omtrent 500 internasionale vlugte sal na verwagting vandag in die land aankom. Die eerste minister, Scott Morrison, sê dit is ‘n opwindende dag waarna hy vir baie lank uitgesien het. Australië se toerisme-sektor, wat meer as vyf persent van die land se werksmag in diens het, is baie ernstig geraak sedert die grense in Maart 2020 gesluit is.