Vrese oor bankwese is ongegrond – Roodt

Vrese oor die Europese en Amerikaanse banksektore is ongegrond. Dit is die mening van die bekende ekonoom Dawie Roodt wat meen die probleme wat tans ondervind word is tydelik. Sy aanmerkings kom na Deutsche Bank die naweek uitdagings gehad het op die hakke van Credit Suisse in Switserland en die twee Amerikaanse banke wat bystand nodig gehad het. Roodt sê verder dat plaaslik word banke uiters goed gereguleer en meen daar is geen rede tot kommer nie.