Vreemde vangwa-aanval in Nottingham in Engeland, drie dood

Die Britse polisie sê ’n man is op klagte van moord gearresteer nadat drie mense dood op straat in die sentrale Engelse stad Nottingham aangetref is, en drie ander in die hospitaal is ná ’n poging om hulle met ’n vangwa om te ry. Die polisie sê twee mense is vroegoggend dood op een pad in die stad aangetref voordat beamptes in kennis gestel is van nog ‘n voorval nie ver daarvandaan nie, waar iemand wat ‘n vangwa bestuur het, drie mense probeer omry het. Nog ‘n man is ook dood in ‘n pad net buite die middestad gevind. Die 31-jarige is in hegtenis geneem en daar is geen aanduiding van die motief nie.