Vreemde roof op Ondangwa, N$368 000 in kontant gebuitOctober 2, 2023
Meer as 368 000 Namibiese dollar in kontant is Saterdag by Build It op Ondangwa gesteel. Volgens die Namibiese polisie het ‘n werknemer die instap-kluis binnegegaan om die bankdeposito voor te berei. Die werknemer is van agter af geslaan en was bewusteloos tydens die rooftog. Mede-personeel het die werknemer na die hospitaal afgevoer en die polisie in kennis gestel. ‘n Ondersoek is gelas.