Vreemde hoede word teen afkyk in eksamens gebruik in die Filippyne

Bicol University College of Engineering in die Filippyne se studente het by die skool aangekom met hoede in alle vreemde vorms en groottes en hul beste “teen-afkyk”-hoed aangetrek om dwalende oë tydens die eksamen te voorkom.

Hierdie hoede was so innoverend en verregaande dat die universiteitstudente opslae begin maak het op sosiale media.

Volgens berigte het ‘n professor van die universiteit, Mary Joy Mandane-Ortiz, haar studente opdrag gegee om met teen afkyk-hoede vorendag te kom vir hul eksamens.

Die studente het die kreatiewe vryheid gekry om hul hoede te ontwerp, en kreatiewe vryhede het hulle inderdaad geneem.

Volgens ‘n 2017 studie wat in die Asia Pacific Journal of Multidisciplinary Research gepubliseer is, kyk ongeveer agt uit tien studente elke jaar tydens eksamens bymekaar af binne ‘n akademiese jaar in die Filippyne.

As die hoed jou pas, moet jy hom maar aantrek.

Foto: Verskaf