Vredesprys vandag toegeken, Musk onder benoemings

Opwinding laai op voor vandag se aankondiging van die Nobelprys vir Vrede in Oslo weens die onvoorspelbaarheid van die komitee. Daar is omstrede benoemings onder die 286 kandidate, soos die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, oor sy gespanne verhouding met Israel. Die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr, Elon Musk, is ook benoem vir sy ondersteuning van spraakvryheid en globale verbinding met Starlink. Anna-Karin Palm van die Nobelkomitee het intussen besin oor die ryke, komplekse werk van die pryswenner vir Letterkunde, Han Kang van Suid-Korea.