Vrede op die vasteland draai by die VN se Veiligheidsraad

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê vrede is die sleutel vir Afrika se toekoms om die vasteland se stem en invloed by vredespogings te versterk. Hy het die VN se Veiligheidsraad ingelig oor die versterking van die rol van Afrika-state om wêreldwye sekuriteits- en ontwikkelingsuitdagings aan te pak. Guterres sê te veel inwoners van Afrika is vasgevang in konflikte of hulle lewens is in gevaar deur terrorisme en gewelddadige ekstremisme in hulle gemeenskappe: