Vragskip verwoes Baltimore-brug

’n Groot brug het in die Amerikaanse stad Baltimore ineengestort nadat dit deur ’n vragskip getref is. Beeldmateriaal wys hoe ‘n groot gedeelte van die Francis Scott Key-brug in die water val ná die botsing. Baltimore se brandweerdiens sê noodspanne soek na minstens sewe mense wat vermoedelik in die water geval het maar dit word as ‘n ontwikkelende massa-ongeluk beskryf. Voertuie wat van die brug af val kon in die video gesien word. Die houerskip, bekend as Dali, was ten tyde van die botsing na Colombo in Sri Lanka op pad.