Vragskepe skort ook dienste na Rusland op

Eienaars van vragskepe soos Maersk en die Mediterranean Shipping Company het besprekings na en van Rusland tydelik opgeskort na aanleiding van die Russiese inval in Oekraïne. Maersk sê in ‘n verklaring sanksies beïnvloed steeds die bestendigheid en veiligheid van bedrywighede en slegs voedsel, mediese en humanitêre voorrade word as vrag na Russiese hawens toegelaat. In die lig hiervan het Suid-Afrikaanse uitvoerders meestal opgehou om vrugte vir Rusland te verpak, aangesien kredietversekeraars ook hul ondersteuning onttrek het.