Vragmotors moet van KZN-paaie verwyder word

ActionSA in KwaZulu-Natal doen ‘n beroep dat swaar vragmotors van paaie verwyder word. Dit volg na Maandag se kettingbotsing op die N3 tussen Hilton en Cedara buite Pietermaritzburg, waarin ses mense dood is. Meer as 40 motors, taxi’s en vragmotors was in die botsing betrokke wat volgens berigte deur ‘n menslike fout veroorsaak is. ActionSA se woordvoerder, Zwakele Mncwango, sê die provinsiale regering moet alle swaar vragmotors van die paaie verwyder voordat nog mense sterf, en begin om die spoorwegstelsel te herstel: