Vragmotors doen skade aan paaie, spoor moet oorweeg word

TransNamib het sy reaksie gegee op padvrag-vervoer wat na verwagting in die volgende jaar of twee skerp sal toeneem in Namibië, veral aan die kus. Volgens die burgemeester van Arandis, Risto Kapenda, sal voornemende projekte 4 860 vragmotors jaarliks na die gebied aan die kus lok. Terwyl dit geleenthede vir verskeie sektore bied, is daar uitdagings vir die instandhouding van paaie en daar is reeds deur die Padfonds-administrasie voorleggings gemaak vir tolhekke. Abigail Raubenheimer, die woordvoerder van TransNamib sê aan Kosmos 94.1 Nuus vrag moet eerder per spoor vervoer word, aangesien vragmotors paaie beskadig.