Vragmotorbestuurder met N$8m se dagga wil appelleer vir borg

Plaaslike media berig dat Dornaven Tjazeura van plan is om te appelleer teen die weiering van sy borg in die landdroshof op Gobabis. Tjazerua is op 11 November verlede jaar by die Trans-Kalahari-grenspos gevang met dagga ter waarde van 8 miljoen Namibiese dollar. Hy het destyds vlug ingeslaan en is 19 dae later aangekeer. Sy saak kom weer op 25 Oktober in die hoërhof voor.