Vraghouer-terminaal ‘n wit olifant?
Namport loop deur onder kritiek omdat hy steeds nie, 16 maande later, sy vraghouer-terminaal op die been gebring het nie. ‘n Ooreenkoms was veronderstel om met die Switserse firm Terminal Investment Holdings aangegaan te word sodat die 4,2 miljard Namibiese dollar terminaal meer vraghouer-vervoer kon hanteer en die lening van 2,4 miljard dollar van die Afrika Ontwikkelingsbank terugbtaal word. Dit het steeds nie gebeur nie. Die Tender Bulletin berig dat die hawe-owerheid se uitvoerende hoof Andrew Kanime het onlangs weer bevestig dat die 25-jaar konsessie aan die Switserse firma gegee is maar, het geen redes vir die vertraging in die ondertekening van die ooreenkoms gegee nie.