Vraag na staal daal 

Die Wêreld Staalvereniging voorspel ‘n 0,9-persent daling in wêreldwye staalaanvraag tot 1,75-miljard-ton vanjaar weens hoë koste, ekonomiese onsekerheid en taaier finansiële toestande. Die vereniging sê ‘n herstel van 1,2-persent in globale aanvraag word in 2025 verwag, wat gedryf word deur verbeterde verbruik en infrastruktuurbesteding. Geo-politieke en ekonomiese onsekerhede is steeds uitdagings. Die vereniging sê die motorbedryf gaan ook waarskynlik gedemp bly na ‘n sterk vertoning verlede jaar.