Vraag na krag was reeds in 2004 onvolhoubaar 

Die Internasionale Energie-agentskap sê Namibië se kraguitdagings het in 2004 begin toe vraag die vermoë om nuwe opwekkingskapasiteit te skep, verbygesteek het. Invoere beloop rondom 70 persent van plaaslike vraag. Een van die grootste bydraende faktor is die dalende opwekking by die Ruacana-hidroëlektriese aanleg. Teen 2022 het opwekking tot 20 persent gedaal, die laagste vlak sedert 1997. Die land se nood-invoere, genoodsaak nie net deur vraag nie maar ook Eskom se uitdagings het kostes skerp laat styg.