Vordering word gemaak met ontbondeling van Eskom

Die Suid-Afrikaanse departement van openbare ondernemings sê vordering is gemaak met die ontbondeling van Eskom, met die hoop dat dit teen Maart volgende jaar wesenlik afgehandel sal wees. Die kragvoorsiener sal in opwekkings-, transmissie- en verspreidings-afdelings ontbondel word. Die departement se waarnemende direkteur-generaal, Jacky Molisane, sê die wettige skeiding van die transmissie-maatskappy in ‘n filiaal is nou in ‘n gevorderde stadium, terwyl die omsigtigheids-ondersoek vir die opwekkingsafdeling afgehandel is.