Vordering in cholera-ondersoek

Die buurland se gesondheidsdepartement sê hy maak aansienlike vordering om die verspreiding van cholera te bekamp en lewens te red na die cholera-uitbreking in sommige dele van die land. Die dodetal weens die siekte het tot 32 gestyg. Hiervan was 29 in Gauteng, waar Hammanskraal in Pretoria die middelpunt van die uitbreking is, twee in die Vrystaat en een in Mpumalanga. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê ondersoeke gaan voort om die oorsaak van die uitbreking te bepaal: