Vooruitsigte vir reën lyk sleg 

Die Namibiese Meteorologiese Diens sê op ‘n seisoenale skaal van 1 Oktober tot 30 November, het groot dele van die land ondergemiddelde reënval ontvang met die westelike, oostelike en suidelike dele wat die swakste vertoon het. Kunene, Omusati en dele van die Oshana-, Ohangwena- en Oshikoto-streke het bogemiddelde reënval ontvang. Die diens sê plekke soos Bethanie en Keetmanshoop het afwykings van 100 persent van normale reënval tot dusver aangeteken. Min reën word vir die res van die maand voorspel en die diens sê tussen 1 Januarie en 31 Maart volgende jaar sal ondergemiddelde reënval ontvang word oor die hele land behalwe plek-plek in die verre Suide war normale reënval verwag sal word.