Vooruitsigte vir motormark uiteengesit

Die motormark in Namibië het verlede jaar die meeste nuwe voertuie verkoop sedert 2017. Die totaal van 12 780 nuwe eenhede wat verkoop is was 17 persent hoër as die totaal van 10 923 eenhede wat in 2022 verkoop is. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gesels oor die vooruitsigte vir vanjaar.