Vooruitsigte vir die rand lyk sleg

Die Suid-Afrikaanse rand bly onder druk moet voortslepende beurtkrag in die buurland. Die Amerikaanse dollar het in die afgelope week ook met net minder as 3 persent versterk en op die oomblik staan die rand, en die Namibiese dollar, op rondom 17,10 teen die Amerikaanse geldeenheid. Mynwese in die buurland het ook met 9 persent in November verlede jaar gekrimp as gevolg van beurtkrag – die tiende agtereenvolgende maand wat die bedryf daal. Vooruitsigte vir die geldeenheid lyk ook nie goed nie. Die rand sal na verwagting teen die einde van hierdie kwartaal teen 17.55 teen die Amerikaanse dollar verhandel, en daar word beraam dat dit oor 12 maande teen 18,93 teen die Amerikaanse dollar sal verhandel.