Voortdurende voedseltekorte is as gevolg van strukturele probleme
President Nangolo Mbumba het die naweek die internasionale gemeenskap gevra vir hulp sodat Namibië die gevolge van die droogte die hoof kan bied. Mbumba sê die penarie waarin Namibië hom bevind is ‘n uitdaging, veral vir huishoudings met geen bronne van inkomste nie en wat uitsluitlik van gewasse afhanklik is. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner Marius Kudumo gepraat wat sê Namibië het strukturele- en beleidsprobleme wat moet verander sodat ons ons eie kos kan produseer.