Voorstorie vir Lion King, ‘Mufasa’ kom volgende jaar

Disney sal in Julie volgende jaar die rolprent Mufasa, The Lion King, vrystel. Die rolprent is die voorstorie vir die ikoniese 1994 The Lion King en vertel die storie van Mufasa, Simba se pa, voor hy die koning by Pride Rock geword het. The Lion King het weer gewild geword nadat Disney die rolprent in 2019 hervervaardig het met die nuutste tegnologie wat beskikbaar is. Aaron Pierre sal James Earl Jones vervang as die jonger Mufasa met Kelvin Harris as die jonger Scar, Mufasa se broer. Sy stem is deur Jeremy Irons in die oorspronklike roprent vertolk. Pumbaa en Timon is met hul oorspronklik stemme, Seth Rogan en Billy Eichner, ook terug en die legendariese Suid-Afrikaanse akteur John Kani sal Rafiki weer vertolk.