Voorspellings toon swakker reënjaar vir ’23/’24

Die jongste voorspellings van die Internasional Navorsingsinstituut vir Klimaat toon dat die El Nino-verskynsel, wat ondergemiddelde reënval vir die Suider-Afrikaanse streek bring, reeds teen Februarie, Maart en April vanjaar sal begin versterk terwyl die La Nina-verskynsel, wat goeie neerslae beteken, skerp verswak. Luidens die voorspelling sal daar ‘n 65 persent waarskynlikheid wees dat El Nino in Augustus, September en Oktober vanjaar sal domineer. Die waarskynlikheid van neutrale klimaat sal op 30 persent staan. Die huidige reënseisoen behoort steeds suksesvol te wees omdat La Nina tot Februarie op ‘n waarskynlikheid van 68 persent staan met ongeveer 35 persent teen einde Maart vanjaar, wat daal tot 15 persent teen einde April.