Voorspelling vir onveranderde repokoers

High Economic Intelligence voorspel dat die sentrale bank die repokoers onverdanderd sal hou. Die Bank van Namibië se monetêrebeleidskomitee vergader vandag en sal môre sy vyfde aankondiging vir die jaar maak oor die repokoers. Die koers staan tans op 7,75 persent, die hoogste wat dit in die afgelope 14 jaar is. Inflasiedruk bly hoog, gedryf deur voedsel en nie-alkoholiese drankies, en vervoer. Die impak van die Oktober brandstofprys sal eers aan die einde van die maand bekend wees. Die firma sê hy verwag dat die rentekoers moontlike verlagings laat in die eerste helfte van 2024 kan verwag.