Voorspelde onder-normale reënval gaan veeboere hard tref

Volgens die Namibië Meteorologiediens se jongste reënvalbulletin sal die grootste deel van die land hierdie somer onder-normale reënval kry. Die tydperk van 1 Februarie tot 30 April sal na verwagting onderdrukte reënval ervaar, met ‘n hoë waarskynlikheid van onder-normale reënval. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur van Agribank se Adviesdienste, gepraat oor wat dit vir veeboere gaan beteken wat reeds met droogtetoestande te kampe gehad het.

Hy verduidelik verder dat veeboere se sakke geraak gaan word en dat vee waarskynlik vroeg verkoop sal moet word.