Voorsitter van Loonkommissie sê oor nuwe minimumloon

Die land is in rep en roer oor die nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur wat in Januarie volgende jaar ingestel sal word. Die proses het in 2021 begin toe die arbeidsministerie die Loonkommissie ingehuldig het om die moontlikheid van ‘n nasionale minimumloon te ondersoek. Die stigting van die kommissie was ‘n mylpaal in Namibië se strewe om armoede en historiese inkomste-ongelykheid uit te skakel. Kosmos 94.1 Nuus het met Marius Kudumo, die voormalige voorsitter van die Loonkommissie, gesels oor of die minimumloon van 18 dollar strook met die verslag wat die kommissie aan die arbeidsministerie voorgelê het.