Voormalige Withuis-hond se skrikbewind onthul

Die voormalige hond van die Withuis se diplomatieke vaardighede is onder die loep nadat dokumente getoon het die Amerikaanse president, Joe Biden, se Duitse herdershond het glad nie van sy baas se lyfwagte gehou nie. Die hond, genaamd Commander, het volgens berigte geheimediens-agente minstens 25 keer gebyt voordat hy verlede jaar uit die Withuis verwyder is. In sommige voorvalle moes lyfwagte steke kry weens die diep wonde. BBC News berig ‘n naamlose senior agent het sy kollegas aangeraai om kreatief te wees om hul veiligheid te verseker. Commander woon nou glo by ander familielede.