Voormalige Wallabies-afrigter op pad na Leicester

Rugby: Michael Cheika, wat Australië in 2015 tot die Wêreldbeker-eindstryd gevoer het en Argentinië tot by die halfeindstryd in 2023, is as afrigter van die Engelse Premierliga-span, Leicester, aangewys. Dit beteken die Australiër gaan saam met die Springbok-losskakel, Handré Pollard, werk asook die twee losvoorspelers van die Bulle, Hanro Liebenberg en Corné Beets. Die charismatiese, uitgesproke 57-jarige Australiër vervang landgenoot, Dan McKellar, aan die stuur van die tweemalige Europese kampioene.