Voormalige VN-klimaatsvoorsitter bekommerd oor aardverwarming

Die voormalige hoof van die Verenigde Nasies se Interregeringspaneel vir Klimaatsverandering, Robert Watson, sê aardverwarming wat 1,5-grade Celsius oor ‘n tydperk van ‘n jaar oorskry, is onaanvaarbaar. Data van die Europese Unie se Copernicus-klimaatveranderingsdiens het aan die lig gebring in die tydperk vanaf Februarie verlede jaar tot verlede maand is daar aardverwarming van 1,52-grade Celsius aangeteken. Watson sê dit kan vererger aangesien daar reeds verwoestende vloede, hittegolwe en veldbrande oor die hele wêreld plaasgevind het.