Voormalige Oekraïnse LP in straat in Lviv doodgeskiet

‘n Voormalige Oekraïnse nasionalistiese lid van die parlement is dood nadat sy in ‘n straat in die westelike stad Lviv geskiet is. Iryna Farion het in 2023 omstredenheid veroorsaak toe sy voorgestel het ware Oekraïnse patriotte behoort nie onder enige omstandighede Russies te praat nie. Die moord op die 60-jarige linguistiek-professor word ondersoek en die polisie sê dit was moontlik ‘n geteikende aanval. President Volodymyr Zelensky sê enige geweld moet veroordeel word en wie ookal verantwoordelik is moet volle verantwoordelikheid aanvaar. Die konserwatiewe politieke party waarvan Farion ‘n lid was het Rusland die skuld gegee vir die moord.