Voormalige eerste dame bring hulde aan Hage Geingob

Namibië se voormalige eerste dame, Monica Geingos, het in ‘n roerende toespraak hulde gebring aan haar ontslape eggenoot, president Hage Geingob. Sy het by die roudiens in die Onafhanklikheid-stadion in die hoofstad gepraat. Geingos sê in rou vir die ontslape president, het die land alles geword wat hy wou hê – ‘n verenigde nasie wat saamwerk.

Geingos sê president Geingob was verbind tot die opbou van ‘n inklusiewe, verenigde Namibië.