Voormalige All Black, Tony Brown, bewonder Bokke
Rugby: Die Nieu-Seelander, Tony Brown, sê hy sien uit daarna om saam met die Springbokke te werk. Die voormalige All Blacks-losskakel is Suid-Afrika se nuwe aanvalsafrigter, en het saam met die nuwe verdedigingsafrigter, Jerry Flannery, by die Bokke aangesluit ter voorbereiding van die 2024 internasionale seisoen. Brown sê hy bewonder al lank die Springbokke se speelstyl.