Voorkom brande in informele nedersettings in die winter

Brande kom al hoe meer in informele nedersettings in Namibië voor waar sinkhuise vernietig word, veral tydens die winterseisoen. Inwoners maak vure in of naby hul sinkhuise om warm te bly. Vandeesweek was daar weer ‘n brand in die DRC informele nedersetting op Swakopmund waar vier sinkhuise vernietig is. Die hoof van brandveiligheid en -voorkoming van Stad Windhoek, Tangeni Uusiku, deel sy wenke van hoe om brande te voorkom.